https:/sacoronavirus.co.za
TUISBLAD
www.woordpalet.co.za 'n Inisiatief van Cordis Trust (www.cordistrust.co.za).
Woordpalet is n inisiatief van Cordis Trust (Afrikaanse woordkuns) met besondere klem op die digkuns, poëtiese prosa en kompetisies (wat publikasievoordele insluit). Woordpalet was in 1992 'n selfpublikasie van die skryfwerk van wyle Mardene Marais wat onder andere deur Vader Frans Claerhout geïllustreer is en waarvan verskeie gedigte en poëtiese prosa deur hom in skilderye uitgebeeld is. Laraine Campbell se skildery van haar het as voorblad van die publikasie gedien. www.woordpalet.co.za sal besondere klem op die helende aspekte van die digkuns en poëtiese prosa plaas. Daar sal deur dagdigte, droomsig en notewoorde geleentheid wees om aan 'n groot aantal digters en liriekskrywers 'n platform te gee.
Die publikasie Woordpalet (1992) kan onder die volgende hofie gelees word (Blaai na bo).
Stoepgedagtes
Op Dwarswegstrand se stoep het jy gesit
'n 'wêreldbekyker' saam met jou oom-
ervare lense, jou retinas nog jonk.
Dieselfde werklikheid, belig, getint
deur onskuld en die perspektief van tyd.
Op Dwarswegstrand se stoep, het jy geweet
jy sou die wêreld immer jonk bekyk?
Jou siel was ouer as jou jare, diep
en dieper kon jy sien, ervaar, verwoord:
'n slotgedagte ewig ongeskrewe.
© Alice Hendriks-Boshoff, 23-08-2015

|
|