Die uitgangspunt is deelname van digters wat 'n verskeidenheid verliese wat ingrypende invloede op lewenservaring het, uitbeeld en hoe dit mettertyd tot begrip en aanvaarding lei. Die titel het sy oorsprong in die ervaring van om te verstar by negatiewe nuus (maar sonder dat dit as finaal aanvaar word), die verstomming wat intree dat dit gegewe is en dan die proses van verwerking tot by 'n persoonlike "verstaan". VERS vorm die sleutel tot die geheelbegrip van verlies.
Die silwer koord
(naelstring)
Ek onthou haar as liefde-
in die geure van jasmyn en roosmaryn,
in die kleure van doudruppels op 'n
lentebloeisel, ten aanskoue van die oggendskyn.
Haar teenwoordigheid so kortstondig,
tog, soos grenslose woordelose uitspansels
van die hemel wat aanhou gee.
Maar snags wanneer my hart nes uitgebrande
hout probeer vuur maak uit niks, en haar laaste
asem weer verlore spore oor my wange vee,
dan word tyd net stof wat aan stiltes vasklou.
En dan hoor ek hoe sorgsaam
die uile oor die nag treur. Ek sien
hoe die sterre kruis,en ek begin ten
dele iets verstaan oor die lig van
die lamp in die donkerste uur
-so sonder dat ek wou.
© Karen van der Merwe, 2017.
Die silwer koord
(naelstring)
Ek onthou haar as liefde-
in die geure van jasmyn en roosmaryn,
in die kleure van doudruppels op 'n
lentebloeisel, ten aanskoue van die oggendskyn.
Haar teenwoordigheid so kortstondig,
tog, soos grenslose woordelose uitspansels
van die hemel wat aanhou gee.
Maar snags wanneer my hart nes uitgebrande
hout probeer vuur maak uit niks, en haar laaste
asem weer verlore spore oor my wange vee,
dan word tyd net stof wat aan stiltes vasklou.
En dan hoor ek hoe sorgsaam
die uile oor die nag treur. Ek sien
hoe die sterre kruis,en ek begin ten
dele iets verstaan oor die lig van
die lamp in die donkerste uur
-so sonder dat ek wou.
© Karen van der Merwe, 2017.